Omeletrolletjies met steak
- Tuis
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Bestanddele
• 5 ml elk fyn komyn en koljander
• 5 ml gerookte paprika
• 2 ml cayennepeper
• 5 ml gemaalde swartpeper
• 5 ml growwe sout
• 500 g steak
• 8 eiers, geklits
• tamatieslaai
• tamatiesous, guacamole en/of klapperolie-mayonnaise
Metode
1 Meng die speserye en vryf die steak goed daarmee in. Laat staan vir 20 minute.
2 Verhit ’n dikboombraaipan tot lekker warm en braai die steak vetkant eerste, daarna alkant in die droë pan tot goudbruin en halfgaar. (Afhangend van die dikte kan dit óf net in die pan gebraai óf eers gebraai en dan vir 10–20 minute in ’n warm oond gebak word.) Laat rus die vleis vir 10 minute en sny dit dan in dun repies.
3 Maak die omelette. Verhit ’n 25 cm kleefvrye pan oor hoë hitte. Smeer met ’n bietjie olie, gooi ’n bietjie van die geklitste eier in die pan en rol die pan om die bodem te bedek, soos met ’n pannekoek. Verhit dit vir 30 sekondes tot goudbruin, draai om en braai nog ’n paar sekondes. Herhaal met al 8 omelette.
4 Sit dit voor. Verdeel die steak en tamatieslaai tussen die rolletjies, smeer met tamatiesous, guacamole of klapperoliemayonnaise en vou toe soos ’n tortilla.
Bron: Tuis
댓글