top of page

Hoenderlewerpatee

  • Huisgenoot
  • Jul 6, 2015
  • 2 min read

patee.jpg

Hierdie patee is ryk en vullend en ideaal vir ingepakte middagetes en pieknieks. Sorg dat jy vars lewer gebruik – dit moet glansend wees – en week dit in melk om van enige bitter smaak ontslae te raak.

500 g hoenderlewer, skoongemaak

200 ml (¾ k) melk

125 ml (½ k) olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

3 repe spekvleis, gekap

15 ml (1 e) vars tiemieblare

30 ml (2 e) brandewyn (opsioneel)

15 ml (1 e) water

sout en peper

7,5 ml (½ e) balsemieke asyn

200 g ongesoute botter, gekap

60 g ongesoute botter, gesmelt

ekstra tiemie vir garneer

Plaas die hoenderlewer in ’n bak, bedek met die melk en verkoel terwyl jy die oorblywende bestanddele voorberei.

Verhit 15 ml (1 e) van die olyfolie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die uie, knoffel en spekvleis by en braai terwyl jy dikwels roer 12 minute of tot die uie gekarameliseer het.

Meng die tiemie in, en dan die brandewyn (indien gebruik) en water, terwyl jy roer om die pan los te kook. Verplaas die mengsel na ’n bak.

Vee die pan skoon, voeg die oorblywende olie in en verhit oor hoë hitte. Dreineer die lewer en tik dit met papierhanddoeke droog. Braai dit dan in die verhitte olie 5 minute aan ’n kant tot bruin en effens bros, maar nog pienk binne.

Voeg by die bak met die uiemengsel en geur goed met sout en peper.

Plaas die pan terug op die hitte, voeg die asyn by, gee dit ’n draai om die pan los te kook, en skraap dan die sappe in die bak.

Puree die mengsel in ’n verwerker tot fyn. Voeg die gekapte botter by en puree tot goed ingemeng.

Skep in 4 ramekins en giet dan ’n dun laag gesmelte botter bo-oor om te verseël.

Bedek en verkoel. Dit sal tot 5 dae in die yskas hou. Sit voor met vars tiemie oor gestrooi as garneersel.

*Deur Hope MalauFoto: Jacques Stander/HUISGENOOT

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page