Kondensmelkkoekies
- Biance
- Jul 6, 2015
- 1 min read

Klits 250 g botter tot lig en roer 1 x 385 gblik kondensmelk daarby in.
Voeg 5 ml (1 t) vanieljegeursel by.
Sif 400 g koekmeel, 90 g mielieblom, 7 ml (1½ t) bakpoeier en ’n knippie sout saam.
Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng tot ’n deeg.
Rol in klein bolletjies, plaas op gesmeerde bakplate en druk elke balletjie effens plat met ’n vurk.
Bak 15 min. by 180 °C of tot liggoudbruin. Koel af.
Indien verkies, plak opmekaar met ’n versiersel gemaak van 100 g saggemaakte botter en 200 g gesifte versiersuiker.

Commentaires