top of page

Aartappel-en-spek-frittata

  • Jul 7, 2015
  • 1 min read

Bacon-and-potato-fritatta.jpg

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, middeldeur en dan in dun skyfies gesny

• 250 g bladspek, in stukkies gesny

• 600 g aartappels, geskil en in blokkies gesny

• 20 ml gekerfde sprietuie

• 6 groot eiers, liggies geklop

• 15 ml dukka-speserye (opsioneel)

• slaai om voor te sit

1 Verhit die helfte van die olyfolie in ’n groot, kleefvrye oondvaste pan. Soteer die uie en spek tot die uie sag is. Voeg die aartappelblokkies by en braai dit vir sowat 10 minute tot die aartappels sag is. Roer dit af en toe.

2 Skep die aartappelmengsel uit die pan en hou dit eenkant. Maak die pan skoon en verhit die res van die olie. Voeg 30 ml water, die sprietuie, en sout en peper by die geklitste eiers.

3 Gooi die aartappelmengsel terug in die pan en gooi die eiermengsel bo-oor. Sprinkel die dukka-speserye oor, as jy dit gebruik. Bak dit oor medium tot lae hitte vir sowat agt minute tot die eier gestol het. Sit die pan onder ’n warm oondrooster vir ’n paar minute tot die frittata goudbruin is. Sny dit in wiggies en sit dit voor met ’n slaai.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page