Alta van Nieuwenhuizen se APPELTERT Mooiplaatsie Promosie
- Jul 7, 2015
- 1 min read

Blik tertappels
37,5 ml Botter of Margarine
180 ml Suiker
3 Eiers
250 ml Koekmeel
5 ml Bakpoeier
1 ml Sout
60 ml Melk
STROOP
250 ml Suiker
125 ml Botter of Margarine
180 ml Melk
METODE
Voorverhit oond tot 180 grade Celsius.
Room botter en suiker en klits die eiers by.
Meng droë bestanddele en roer om die beurt met die melk by die suikermengsel.
Skep beslag in gesmeerde oondbak 20x30 cm.
Gooi stroop van die appels af en rangskik bo-op beslag.
Bak vir 45 minute.
STROOP
Kook al die bestanddele saam en gooi dit warm oor die gebakte tert.
Versier met geklopte room indien verkies.
























































Comments