Anna Peens Smit se GEBAKTE BROCCOLI Mooiplaatsie Promosie
- Jul 7, 2015
- 1 min read

2 broccoli koppe
1 UI, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in Klein blokkies gesny
1 eier
Pakkie knopiessampioene
½ koppie mayonnaise / melk
½ teelepel sout
Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner
Stukkies. Kook die broccoli + blomkool en UI in vinnig-kokende water vir 2 minute.(jy blansjeer basies die broccoli en kool - kook net op)
Dreineer in 'n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros
Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die
Kaasblokkies daarby in.
Strooi gerasperde kaas en Paprika oor.
Klits 1 eier en ½ koppie Mayonaise of melk saam en gooi dit oor.
Bak vir 30 minute in voorafverhitte oond by 180 grade Celsius.























































Comments