GROENBONE GEREG
- Jul 7, 2015
- 1 min read

4 Koppies vars bone gewas en die punte afgesny
5 tot 6 repies spek - gekap
2 uie grof gekap
1 ½ kop gerasperde kaas
1/3 kop mayonnaise
1/3 kop suurroom of joghurt
Sout en peper
Oond 160 C
Kook jou bone net vlugtig tot sag – moenie dit pap kook nie. Dreineer en gooi in oonpan
Braai die spek en uie in ‘n pan tot gaar
Gooi die spek en uie mengsel by die bone – sout en peper na smaak
Meng die mayonnaise, suurrroom of joghurt en ½ kop kaas – meng deur met jou bone en spek mengsel
Gooi die orige 1 koppie kaas oor en bak vir 40 minute
Deur: Delicious Recipes
OF
GROENBONE GEREG:
1 1/2 kg Bone
3 Uie fyner gekap
125g Spek. 3 e Botter
6 e Koekmeel
2 k Melk
2 k Kaas gerasper
1 groot pak Kaas en Uie skyfies.
Sout en peper na smaak.
Kook bone tot sag,braai uie en spek saam. Maak witsous van botter, meel, melk,sout en peper. Meng bone, uie,en spek en witsous sowel as 1kop kaas en die helfde van die skyfies en giet in n bak. Meng oorblywende skyfies en kaas en strooi bo -oor bone. Bak in oond tot kaas gesmelt het.























































Comments