Joegoeslawiese aartappelslaai
- Jul 7, 2015
- 1 min read

Gekookte aartappels sonder sout;
koppie gerasperde kaas;
karweisaad;
1 huisie knoffel;
sout en peper;
1/2 koppie kookolie en 1/2 koppie asyn.
Smeer die bak met die knoffel. Pak 'n lagie aartappels met karweisaad, sout en peper. Dan 'n lagie gerasperde kaas. Herhaal die lagies. Meng asyn en kookolie en gooi bo-oor. Plaas 'n bord bo-op en maak toe. Keer na 6 ure om sodat boonste deel ook kan trek.























































Comments