KERRIEVIS
- Jul 7, 2015
- 2 min read

Blaai deur my ou boeke en kom toe op 2 kerrievis resepte af , gaan albei met jul deel , is nou nie vir almal maar ek is gek daaroor en ek weet geblikte kerrievis is al vreeslik duur.
RESEP 1 :
2kg stukke stokvis - vel afgehaal
Sout en vars gemaalde swartpeper
125ml suurlemoensap
125ml koekmeelblom
Olie vir vlakbraai
SOUS :
3 koppies asyn
500ml suiker
5 uie (gekap)
10 droe perskes, opgesnipper
20ml borrie
Eetlepel matige kerriepoeier
10ml sout
5ml swart peperkorrels
3 heel naeltjies
4 lourierblare
75ml mielieblom
Druk die visstukke droog met kombuispapier en geur met sout en peper.
Sprinkel suurlemoensap oor en vryf koekmeelblom op vis.
Verhit olie en diepbraai net ligbruin aan elke kant
Dreineer op kombuispapier.
SOUS:
Plaas sousbestanddele (behalwe mielieblom) in kastrol tot kookpunt bereik is en draai hitte af en sit deksel op laat die sous vir so 15min prut.
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer by kerriemengsel en laat dit bietjie verdik.
Pak vis en sous in lae in skoon,warm flesse , en verseel .
RESEP 2 :
4kg vars vis
Sout en peper
Olie vir braai van vis
6 groot uie - ringe gekap
500ml water
1 brandrissie (pitte uitgehaal en in ringetjies gesny)
750ml asyn
125ml suiker
45ml kerriepoeier
Sny vis in stukke en geur met sout en laat dit verkieslik oornag op 'n koel plek staan.
Verhit olie tot warm en vlakbraai vis so 5min aan 'n kant.
Kook uieringe 5 min lank in die water.
Voeg res van die bestanddele by en laat dit so 5min prut terwyl jy liggies met houtlepel roer
Pak lae sous en vis in flesse en verseel .























































Comments