top of page

Korslose kaas-quiche

  • Jul 7, 2015
  • 1 min read

korslose kaas quiche.jpg

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 10 minute

Baktyd: 30 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

• 60 ml botter

• 60 ml meel

• 150 ml melk

• 5 groot eiers, liggies geklits

• 1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas

• 2,5 ml Dijon-mosterd

• 2,5 ml bakpoeier

• 100 g gruyère of beleë cheddar, gerasper

• 5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny

• 30 ml gerasperde parmesaan en roket, om voor te sit

1 Smelt die botter in ’n kastrol. Gooi die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Sit terug op die plaat en laat vir vyf minute kook – roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.

2 Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n bak en geur dit na smaak.

3 Meng die eiermengsel met die witsous en roer die gruyère of cheddar en sprietui by. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond, tot goudbruin en gaar in die middel. Sprinkel die parmesaan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus. Sny en sit met roket voor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page