Rhona Peens se LEKKER PANNEKOEK Mooiplaatsie Promosie
- Jul 7, 2015
- 1 min read

3 koppies koekmeel;
3/4 teelepel sout;
3 ekstragroot eiers geskei;
3 teelepels bakpoeier;
1 koppie kookolie;
4 koppies water.
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiergele en water saam en meng met droë bestanddele.
Klits eierwitte styf en roer met 'n metaallepel in.
Voeg laaste die kookolie by.
Bak in 'n warm pan wat gespuit of gesmeer is vir die begin.
Dien op met kaneelsuiker en suurlemoen.
























































Comments