Rhona Peens se SOET ROOIRISSIESOP Mooiplaatsie Promosie
- Jul 7, 2015
- 1 min read

4 groot rooi soetrissies
1 UI
4 knoffelhuisies
Blikkie botterbone
Sout en peper na smaak
2 blokkies groente aftreksel
Ongeveer 2 liter kookwater
METODE
Sny die soetrissies in die helfte deur en haal die pitte en nate uit
Smeer ’n oondpan en sit dit met die gesnyde Kant na onder
Verf met olyfolie en plaas onder rooster in die oond vir ongeveer ’n halfuur of totdat die skil swart verkleur het en blasies maak.
Plaas in ‘n toegebinde plastiese sak vir 15 minute en trek die skille af.
Braai die UI en knoffel in ‘n bietjie olyfolie en voeg die soetrissie en afgewaterde bone by.
Los die aftreksel in die kookwater op en voeg by.
Kook vir ‘n halfuur en versap.
Geur met sout en peper na smaak.
Dien op met Fetakaas en 'n growwe broodjie.
























































Comments