Rhona Peens se SOUT TEEKOEK Mooiplaatsie Promosie
- Jul 7, 2015
- 1 min read


75g (75 ml) botter
160 g (200 ml) suiker
1 eier
180 g (375 ml) koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 ml melk
BOLAAG
125 g (125 ml) botter
10 ml Marmite of Bovril
125 ml fyn gerasperde kaas
METODE
Verhit oond tot 190 grade Celsius.
Klop botter en suiker tot lig en romerig en voeg eier by – klits weer goed.
Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die bottermengsel.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondbak en bak vir 25 tot 35 minute.
BOLAAG: Smelt Marmite en botter in ‘n kastrol of mikrogolfoond.
Verwyder koek uit die oond, prik met ‘n vurk en skep die warm mengsel oor.
Sprinkel kaas oor en bedien louwarm.
























































Comments