SKAAPKERRIE
- Jul 7, 2015
- 1 min read


Ek het hierdie resep in die Slow Cooker gemaak. Eers die uie op die stoof gebraai en die sous gemaak. Ek het ook 1/2 koppie Tamatie Cocktail ingegooi. Jy kan ook tamatiepuree gebruik.
Kookolie
2 Uie
3 huisies Knoffel
* Braai tot ligbruin.
* Voeg by uiemengsel en braai weer:
2 eetl Kerrie
2 eetl Borrie
1 tlp Sout
½ tlp Fyn Gemmer of toontjie vars gemmer
Kerrieblare
Pypkaneelstokkies
Voeg by:
1 kop Asyn
1 eetl Appelkooskonfyt
2 kg Skaapvleis
± 600 g aartappels
Wortels (opsioneel)
Kook stadig todat vleis lekker sag is.
Aartappels moet saam met die vleis opgesit word anders word dit nie sag nie.
Bedien saam met rys en sambal.























































Comments