Soet varkworsies met mosterd-kapokaartappel
- Jul 7, 2015
- 1 min read

15 ml (1 e) olie
8 varkworsies
30 ml (2 e) heuning
6 groot aartappels, gekook
30 ml (2 e) heelkorrelmosterd
30 ml (2 e) botter
sout en vars gemaalde peper na smaak
30 ml (2 e) elk mosterd- en sesamsade, gerooster
Verhit die olie en braai die varkworsies tot goudbruin en gaar.
Giet die heuning oor en verhit effens.
Druk die aartappels fyn en meng die mosterd en botter deur. Geur met die sout en peper.
Sit die aartappel voor saam met die varkworsies en strooi die geroosterde sade oor.
Wenk:
Roerbraai repies kool,wortel, ui en knoffel en sit dit saam met die worsies voor.























































Comments