SPEK EN KAAS QUICHE
- Jul 7, 2015
- 1 min read

250 g spek
4 eiers
250 ml room
125 ml water
5 ml droë tiemie
knippie wit peper
40 g mozzarella,gerasper
40 g cheddar, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit ‘n ronde tertbord deeglik.
Maak die spek gaar tot amper bros. Dreineer en sny in stukkies. Klits die eiers, room, water, tiemie en peper saam. Gooi die eiermengsel in die tertbord. Sprinkel die spek en kaas bo-oor die eiermengsel. Bak vir ongeveer 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat 10 minute afkoel voor die tert gesny word.
4 Porsies * 2012kJ * Total Fat 36g * Protein 34g
Total Carbs 3.4g * Net Carbs 1.4g























































Comments