top of page

Tuna-aartappelgebak

  • Huisgenoot
  • Jul 7, 2015
  • 1 min read

tuna-aartappelgebak.jpeg

Vir ’n vleiserige variasie kan jy die tuna met gekapte spekvleis vervang.

Bestanddele

3 blikkies (170 g elk) tuna

6 groot aartappels

60 g botter

1 rooi-ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

sout en peper na smaak

45 ml (3 e) meel

350 ml melk

250 ml (1 k) jogurt

100 g babaspinasieblare, gesnipper

100 g cheddarkaas, gerasper

vars basilieblare vir garnering

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met gesmelte botter of bespuit dit met kossproei.

Dreineer die tuna.

Skil die aartappels en plaas dit in ’n groot kastrol.

Vul die kastrol met soutwater en kook die aartappels tot net sag.

Dreineer die aartappels en sny in skywe van 1 cm.

Verhit die botter en braai die ui en knoffel ’n minuut.

Geur met sout en peper en braai tot geurig.

Maak ’n witsous van die meel, melk en jogurt.

Rangskik die helfte van die aartappelskywe in die voorbereide bak. Geur met die sout en peper.

Sprinkel die helfte van die tuna en spinasie oor die aartappels en giet die helfte van die sous oor.

Rangskik die ander helfte van die aartappels op die witsous en herhaal met die res van die tuna, spinasie en witsous.

Maak seker die sous loop tussen die aartappelskywe deur.

Sprinkel die kaas oor en bak sowat 20-30 minute of tot gaar.

Garneer met die basilieblare en sit voor.

Bron: Huisgenoot

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page