Varkrepies met kapokblomkool
- Jul 7, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.
GEKARAMELLISEERDE UIE
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olie
2 uie, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml (2 e) bruinsuiker
paar takkies tiemie
KAPOKBLOMKOOL
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
1 kg blomkool, in kleiner boompies gebreek
125 ml (½ k) water
60 ml (¼ k) room
sout en vars gemaalde peper
VARK
4-6 varkrepies
15 ml (1 e) komynsaadjies
Voorverhit die oond tot 230 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.
Gekaramelliseerde uie Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die uie, knoffel, suiker en tiemie stadig tot gekaramelliseer.
Kapokblomkool Verhit die olie en botter in ’n kastrolletjie en braai die blomkool ’n paar min.
Voeg die water by en laat prut tot die blomkool sag is.
Voeg die room by en laat prut tot gereduseer.
Pols fyn met ’n staafmenger en geur met die sout en vars gemaalde peper.























































Comments