Biltong askoeke
- The Rainbow Team
- Jul 8, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
Meel vir sprinkel
500 ml Koekmeel
15 ml Pietersielie
15 ml Knoffelsout
10 g Pakkie kitsgis
250 ml Warm water
100 g Fyn gesnyde biltong
Metode:
1 Meng die pietersielie, knoffelsout, gis en warm water in ‘n bak en vorm ‘n sagte deeg.
2 Knie vir 5 min.
3 Plaas in ‘n warm area en laat rys dubbel die grootte.
4 As dit gerys het, knie dit af en knie die biltong in.
5 Deel die deeg in 8 dele.
6 Sprinkel die oppervlak liggies en rol die deel uit in n sirkel van omtrent ‘n 15cm deursnee.
7 Stof die meel af en plaas dit op die rooster op ‘n warm vuur vir omtrent 1 minuut
8 Draai om en braai anderkant ook vir 1 min
Comentários