top of page

GEVLEGDE HOENDER PASTEI

  • Ann
  • Jul 8, 2015
  • 1 min read

gevlegde hoenderpaste gebak.jpg

vleg 'n hoender pastei.jpg

Hierdie pastei is perfek om ontslae te raak van oorskietkos soos hoender, maalvleis en groente en die manier waarop die deeg gevleg word, is baie indrukwekkend.

(Bedien 4)

1 groot hoender*

botter

2 prei, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

120 g sampioene, gekap

200 g laevetroomkaas

gerasperde skil van 1 suurlemoen

3 e pietersielie, gekap

400g skilferkorsdeeg

1 eier, geklits

sout en peper

Verwyder die hoendervleis van die bene af. Smelt botter in ʼn pan en braai preie tot sag. Voeg die knoffel by en kook nog 2 minute. Voeg sampioene by en kook 5 minute.

Die mengsel moet nie te nat wees nie. Laat afkoel en voeg die roomkaas, skil en pietersielie by. Rol die deeg uit en plaas op ʼn voorbereide bakplaat. Skep die vulsel in die middel van die deeg – los ʼn 10cm- rand.

Sny die rand se deeg in 2cm-stukkies en smeer die punte met die eier. Vou die deeg stukkies oor mekaar – amper soos ʼn vlegsel met net twee bene om die vulsel toe te maak. Smeer met die eier en bak 20 minute by 190˚C tot goudbruin.

*Indien jy nie oorskiethoender het nie, maar nog steeds ʼn kortpad soek – koop ʼn klaar geroosterde hoender.

Jy kan ook een kook: Sit ʼn gekapte wortel, ʼn paar takkies pietersielie en tiemie of roosmaryn, ʼn ui wat in kwarte gesny is en ʼn lourierblaar in ʼn pot met water. Plaas ʼn rou hoender in die water en kook sowat ʼn uur tot gaar. Dreineer die water en vries om later as tuisgemaakte hoenderaftreksel te gebruik.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page