Lensiesop met beesvleis
- Arina Du Plessis
- Jul 8, 2015
- 1 min read

400 g bees-skenkel
45 ml (3 E ) olie
2 uie, gekap
10 ml (2 t) kerriepoeier
1,5 liter (6 k) water
45 ml (3 E ) Ina Paarman-beesaftrekselpoeier
4 groot, ryp tamaties, geskil en gerasper
30 ml (2 E ) Ina Paarman-songedroogde tamatiepesto
10 ml (2 t) suiker
250 g rooi lensies
Ina Paarman se rissie-en-knoffelgeursel
Paar vars koljanderblare, gekap
1. Braai die vleis in die olie bruin en skep op ’n bord uit. Braai die uie in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vir 30 sekondes. Voeg die water, aftrekselpoeier, tamaties, tamatiepesto, suiker, lensies en bruingebraaide vleis by en verhit tot kookpunt.
2. Prut baie stadig oor lae hitte vir ongeveer twee uur. Geur na smaak met rissie- en-knoffelgeursel en voeg ’n handvol vars koljander by.
3. Roer deur en skep in warm bakkies. Drup ’n bietjie olyfolie oor en rond af met ekstra vars koljander. Genoeg vir vier tot ses mense.
Comments