Mini Souttertjies
- Corne Liebenberg
- Jul 8, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
4 eiers, geklits
100 ml melk
1/2 koppie kaas, gerasper
400g koue vleis / viennas in blokkies gesny
3 eetlepels maizena
1 eetlepel vlapoeier
sout en peper
2 teelepels droe origanum
Metode:
Klits die eiers, melk, maizena en vlapoeier saam.
Voeg die geurmiddels, kaas en koue vleis by.
Skep in silikon kolwyntjie houers en bak in 'n matige oond tot gestol.
Comentarios