Peri–peri-hoenderlewers
- The Rainbow Team
- Jul 8, 2015
- 1 min read

Ek dink mense eet glad nie genoeg hoenderlewertjies nie! Dis goedkoop en ontsettend lekker.
(4 porsies)
•500 g hoenderlewers, in groterige stukke gesny
•1 ui, fyngekap
•1 rooi soetrissie, in repies gesny
•10 ml olyfolie
•15 ml droë brandrissies
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•3 ml suiker
•50 ml brandewyn
•1 ml rooipeper (cayenne pepper)
•100 ml room
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die soetrissie en ui tot sag. Voeg nou die hoenderlewers by en braai vir sowat 2 minute. Voeg die res van die bestanddele by en kook/braai vir nog sowat 4 minute.
Sit voor saam met
Broodrolletjies, wat jy kan rooster.
Comments