Vienna, Tamatie & Roosmaryn Risotto
- Corne Liebenberg
- Jul 8, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
2 koppies rou rys
400 g viennas in ringe gesny
2 uie, gekerf
1 tamaties in blokkies gesny
1 eetlepel roosmaryn
50 ml olyf olie
1.5 liter hoenderaftreksel
250ml witwyn
50g botter
sout en swartpeper
Metode:
Braai die rys en uie saam in 'n pot in die olyf olie.
Die rys moet begin verkleur.
Voeg bietjies, bietjies van die aftreksel by die rysmengsel.
Wanneer al die vloeistof gebruik is, voeg die witwyn, viennas, tamaties, roosmary en geurmiddels by.
Prut tot al die vloeistof geabsorbeer is en die rys sag is.
Roer die botter deur die risotto.
Bedien warm
Comments