A3 se Skons Mooiplaatsie Promosie
- Minnie Redelinghuys
- Jul 9, 2015
- 1 min read


4 Koppies Meel
5 Teelepels Bakpoeier
Halwe Teelepel Sout
4 Eetlepels Suiker
4 Eetlepels Botter
3 Koppies melk
Gooi al die bestandele behalwe die melk in ‘n voedselverwerker en meng tot dit lyk soos broodkrummels.
Gooi dit uit in ‘n mengbak en gooi die melk by en meng tot deeg net nat en deurgemeng is. Moenie probeer glad maak nie dit moet klonterig wees. Jy kan nog so ‘n kwart tot half koppie melk byvoeg as die deeg te droog is. Deeg moet net nie slap wees nie.
Vul 1x12 groot skons pannetjie of 2 x 12 kleintjies. Bak vir 10-15 minute op 220 grade tot ligbruin.
Haal uit en laat bietjie afkoel – jy kan besluit of jy dit warm of koud wil voorsit.
Variasie: Laat suiker weg en voeg koppie of 2 kaas by.
Suiker kan uitgelaat word en net so gebak word.
Bedien met kaas, konfyt, konserf, fyn biltong of wat ookal jy voor lus het.

Comments