Rhona Peens se APIESKOEK Mooiplaatsie Promosie
- Rhona Peens
- Jul 10, 2015
- 1 min read

275 g (500 ml) koekmeel
15 ml suiker
15 ml bakpoeier
1 ml sout
60 g (60ml) botter kamertemperatuur
125 ml melk
1 eier
KANEELMENGSEL
250 ml suiker
10 ml fyn kaneel
100 g (100 ml) gesmelte botter
Verhit oond tot 180 grade Celsius.
Klits eier goed en voeg die melk by.
Sif koekmeel, bakpoeier, suiker en sout saam.
Vryf botter met vingerpunte in tot goed gemeng.
Voeg melk en eier by en meng tot ‘n stywe deeg.
Rol liggies uit op ‘n meelbestrooide oppervlak tot die dikte van 1.5 cm.
Druk sirkels uit met ‘n dikte van 8 cm in deursnee en sny in kwarte.
Meng suiker en kaneel en rol deegstukkies daarin.
Rangskik deegstukkies in ‘n gesmeerde bakpan.
Strooi kaneelsuiker wat oorgebly het Bo-oor en bedek elke stukkie met gesmelte botter.
Bak 25 minute in die middel van die oond.
Keer versigtig uit met die onderkant na Bo op ‘n koekbord en bedien warm.

Comments