Hoender-en-sampioen Roullade
- Corne Liebenberg
- Jul 11, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
Vir die roullade:
4 eiers
200ml melk
2 teelepels vlapoeier
1/4 teelepel sout
Vir die vulsel:
2 uie fyn gesny
100 g sampioene
200g gaar hoendervleis, fyngesny
150 ml melk
2 teelepels vlapoeier
botter om in te braai
Metode:
Voer 'n bakplaat uit met waspapier. Die waspapier moet weerskante van die bakplaat oorhang.
Spuit die waspapier met kleefwerende kossproei.
Klits die eiers, melk, vlapoeier en sout saam.
Giet die eiermengsel versigtig in die bakplaat.
Bak stadig by 150 grade C tot die eiermengsel gestol is.
Vir die vulsel:
Braai die ui liggies in botter.
Voeg die sampioene en hoender by en braai deur.
Meng die melk en vlapoeier en voeg by die hoendermengsel.
Prut tot die vulselverdik.
Om die roullade aanmekaar te sit:
Lig die roullade aan die oorhang waspapier van die bakplaat af.
Plaas op 'n plat oppvervlak.
Plaas 'n houtbord oor die roullade en draai om.
Trek die waspapier versigtig af.
Smeer die vulsel oor die roullade en rol op.
Sny in 3 cm dik wiele.
Bedien met tamatieskywe en avocado.
Opsioneel vir die vulsel:
brosgebraaide stukkies spek
groen peper.
gerasperde kaas
コメント