Romerige drie-kaas hoender & broccoli pangereg
- Corne Liebenberg
- Jul 13, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
400g broccoli
400g gaar hoender, in blokkies gesny
1 ui, fyngesny
30g botter
50g cheddar in blokkies
50g feta in blokkies
50g mozzarella in blokkies
1/4 koppie meelblom
1 koppie melk
sout en peper na smaak
Metode:
Braai die ui liggies in die botter.
Voeg die hoenderblokkies by en braai deur.
Voeg die broccoli by en braai.
Voeg die meel by en roer goed deur.
Voeg die melk by en prut oor lae hitte vir 3 minute tot die mengsel verdik.
Strooi die blokkies kaas gemeng oor die mengsel.
Rooster in die oond tot die kaas gesmelt het en begin verkleur.
Comments