KREEF OOR DIE KOLE
- The Rainbow Team
- Jul 14, 2015
- 1 min read

Jy benodig
1 kreef per persoon
500 g botter
1 knoffelhuisie
sout en peper na smaak
2 hande vol pietersielie, gewas en gekap
3 suurlemoene
SO MAAK JY:
1 Kook ‘n groot pot water, voeg ‘n eetlepel sout by en kook die krewe daarin totdat die dop helderrooi verkleur.
2 Haal die krewe uit en laat dit vir ‘n paar minute afkoel.
3 Smelt intussen die botter in ‘n pannetjie en meng die met die knoffel, sout en peper.
4 Was die pietersielie, kap dit fyn en voeg dit by die bottersousie.
5 Sny die krewe ruglangs in die lengte oop, haal die dermpie uit en pak hulle op ‘n rooster oor warm kole met die vleiskant na onder.
6 Draai die rooster ná ‘n paar minute om en laat dit vir nog ‘n paar minute op die rooster bly totdat die vleis deurgaar is en die sousies gesels.
Comentarios