REPELSTEELTJIES
- The Rainbow Team
- Jul 14, 2015
- 1 min read

250 g sterk, beleë cheddarkaas
2 k (500 ml of 280 g) koekmeel
1 t (5 ml) bakpoeier
knippie sout
250 g koue botter, gerasper
gladde appelkooskonfyt, baie koud, verkieslik oornag in die yskas geplaas
1. Rasper die kaas baie fyn en plaas in die yskas tot benodig.
2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in die mengbak van ’n elektriese menger. Voeg die botter by en meng of pols dit tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
3. Voeg die kaas by en meng tot die deeg gebind het. Bedek met kleefplastiek en plaas 20 minute in die yskas.
4. Verdeel en rol die deeg in 40-50 balletjies. Druk elke balletjie effens platter met die palm van jou hand.
Maak met die steel van ’n houtlepel ’n holtetjie in elke balletjie en vul dit met ’n skeppie konfyt.
5. Bak 10-15 minute tot goudbruin om die rande. Laat dit op ’n draadrak afkoel.
Lekker bak en brou - Johan
Bron: Onbekend
コメント