4 BESTANDEEL CHINESE FRIED RICE (Flied Laais)
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

400g garnale skoongemaak
2 koppies gaar rys
3 eiers geklits
Groen en geel soetrissie
Braai die garnale en soetrissie in ‘n bietjie olie tot die garnale gaar is.
Voeg die rys by en braai deur.
Geur met sout, peper en garlic & herb spice
Voeg die geklitste eier by en roer deur tot die eier gestol is.
4 Bestanddele Sjinese Drup Sous
½ koppie heuning
½ koppie soya sous
6 toontjies knoffel opgekerf
1 eetlepel gemmer puree (vars gemmer fyn verwerk in voedselverwerker)
Kook al die bestanddele vir die sous 4 minute saam en gebruik druppels daarvan oor die rys.
Die sous kan vir maande in die yskas in ‘n verseelde bottel gebere word. Gebruik sleg druppeltjies, want dit is baie sterk!
Bedien die gereg met Fryums (Chinese chips)
Corne Liebenberg
Comments