JORDANIESE UPSIDE DOWN RYS DIS
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

1 groot brinjal of 2 kleintjies
2 groot tamaties
3 groot wit uie
2 knoffel bolle
500g hoender dye
2 koppies rys
1 liter hoenderekstrak
sout
swart peper
speserye van jou keuse (ek het American Jerk Spice gebruik, maar die Arabiere gebruik Baharat. Ek glo hoenderspeserye sal net so goed werk.)
Olie vir braai.
Diepbraai die hoenderstukke tot bruin
Braai dik uieringe in olie en verwyder van pan
Braai dik brinjalringe (wat klaar met sout gesweet is) in die olie tot bruin en verwyder)
Braai die tamatie skywe in die olie tot bruin en verwyder
Braai die knoffel in skyfies gesny tot ligbruin
Neem ‘n groot pot en pak lae, begin met brinjal.
Strooi tussen elke laag van die rou rys.
Eindig jou lae met rou rys.
Gooi die 1 liter hoenderekstrak oor die lae en laat prut stadig vir 1 uur.
Vul die water aan en maak seker dit brand nie vas nie!
Laat staan die gereg vir 30 minute in die pot en keer dan uit op ‘n opdienbord.
Doen dit baie baie versigtig!
Bedien met Bulgaarse Yoghurt
Corne Liebenberg
Comments