SEEKOS GEVULDE PANNEKOEK
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

1 ui – fyn gesny
4 toontjies knoffel – fyn gesny
1 groen peper – blokkies gesny
1/2 teelepel rissie vlokkies
3 eetlepels botter
200g gemengde seekosmengsel
100g shrimp
300ml melk
125ml koekmeel
sout en swart peper na smaak
pietersielie na smaak
Braai die ui, knoffel, groen peper en rissie in die botter tot dit begin verkleur.
Voeg die seekosmengsel en ekstra shrimp by en braai lekker deur en voeg die meel by.
Voeg die melk bietjies, bietjies by om ‘n tipe witsous te maak.
Geur met sout, swartpeper en pietersielie
Dien op met baba tamaties, piekel knoffel, agurtjies en kappertjiesaad.
BRON- Corne Liebenberg
Comments