TAMATIE EN DADEL HOENDERLEWERS
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

500g hoenderlewers – gewas en mooi skoon gemaak
3 groot tamaties – in blokkies gesny
2 groot uie – fyn gekerf
6 toontjies knoffel – in skyfies gesny
rooi, geel en groen pepper na smaak in blokkies gesny
3 songedroogde tamaties in repies gesny
60 g dadels ontpit en in kookwater geweek
3 eetlepels tamatie bladjang
50 ml soja sous
50 ml tamatiesous
2 teelepels gemmer puree (gemmerwortel fyn verwerk in die voedselverwerker)
bietjie botter en olie om in te braai
Sout en swart peper na smaak
Soteer die ui en knoffel in die olie en botter tot dit begin verkleur.
Voeg die hoenderlewers by en braai liggies.
Voeg die res van die bestanddele by en bedek met water.
Prut vir 30 minute.
Die sous sal mettertyd verdik.
Bedien op kapokaartappels met ‘n mengelslaai.
Bron: Corne Liebenberg
Comments