TAMATIE SPAGHETTI
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

Gaar spaghetti
Braai die volgende saam in 30 g botter:
1 ui – fyn gesny
3 toontjies knoffel – fyn gesny
Blokkies groen, rooi en geel peper
1 komkommer in blokkies gesny
3 sprietuie in ringe gesny
12 rooi en geel kersie tamaties gehalveer
4 viennas in ringe gesny
Voeg by:
½ koppie tamatiesous
½ koppie tamatiebladjang
1 koppie water
½ teelepel roosmaryn
Sout en peper na smaak
Prut vir 5 minute.
Sprei die spaghetti in ‘n groot bak en giet die sous oor.
Meng goed en bedien met tamatieslaai op ‘n stokkie.
Bron: Corne Liebenberg
Comments