VERKILDE TAMATIESOP MET LYNSAAD HAPPIES
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

Tamatiesop:
Verwerk die volgende bestanddele saam in die voedselverwerker vir ten minste 5 minute.
4 groot tamaties
1 medium ui
4 toontjies vars knoffel
3 eetlepels bulgaarse yoghurt
4 agurtjies
100ml van die vloeistof waarin die agurtjies ingele is
4 eetlepels suiker
8 swart peper korrels
15ml seesout
Bedien yskoud – heerlik saam met kouevleis, kaas en broodjies.
Lynsaad Happies
1 blikkie groenboontjies, gedreineer en fyner gedruk
100g lynsaad
100g amandels
100g kokosneutmeel
10ml bakpoeier
2 eiers
10ml sout
Genoeg water om ‘n stywe deeg te maak
Verwerk die lynsaad en amandels in die voedselverwerker tot baie fyn.
Meng die boontjies, lynsaad, amandels en kokosneutmeel
Voeg die eiers by
Voeg genoeg water by om ‘n stywe deeg te maak
BRON- Corne Liebenberg
Comments