VETKOEK
- Corne Liebenberg
- Jul 15, 2015
- 1 min read

Gebruik 500g van die basiese brooddeeg
Laat rys vir 15 minute
Knie af en knyp balle deeg af tussen jou een hand se duim en wysvinger om mooi gladde bolle deeg te maak.
Plaas op ‘n olie gesmeerde bakplaat om weer te rys.
Diepbraai in olie tot goudbruin en deurgaar.
Bedien met vulsel van jou keuse.
Bron: Corne Liebenberg
Comments