AARTAPPEL EN WORTEL ROSTI
- Corne Liebenberg
- Jul 16, 2015
- 1 min read

3 Aartappels gerasper
1 Ui gerasper
1 Wortel gerasper
100ml Olyfolie
Sout en peper na smaak
Meng die gerasperde aartappel, ui en wortel en druk al die vog uit in ‘n vergittes of sif.
Meng die olyfolie deur die groentemengsel.
Geur met sout en peper
Sprei die mengsel uit op ‘n plat bakplaat en bak vir 20 minute op 130 grade en dan vir 5 minute op die hoogste temperatuur in die halogen oondjie.
Kan ook in ‘n pannetjie gebraai word of die gewone oond gaargemaak word.
Bron: Corne Liebenberg
Comments