top of page

AARTAPPEL PLATTER

  • Corne Liebenberg
  • Jul 16, 2015
  • 2 min read

Aartappel en kaas kruieballetjies

Gaar aartappel

Cheddar kaas (of bietjies verskillende kase)

Gemengde kruie

Bruin brood krummels

Botter

Sout en peper na smaak

Geen hoeveelhede beskikbaar nie.

Meng al die bestanddele tot ‘n hanteerbare “deeg”

Vorm ‘n bal en maak toe in kleefplastiek.

Verkoel vir ten minste 30 minute.

Rol balletjies en hou koud totdat jy dit bedien.

Gevulde aartappelskille

6 Jong gaar aartappels

Vulsel van jou keuse (ek het oorskiet sampioensous gebruik.)

Cheddar kaas

Swart saadjies (Black seed)

Sny die gaar, koue aartappels in die lengte in die helfte deur.

Hol die aartappel met ‘n teelepel uit, maar behou omtrent ‘n ½ cm van die aartappel in die skil.

Vul met die vulsel van jou keuse.

Strooi cheddar kaas oor.

Strooi swart saadjies oor.

Rooster in die oond tot die kaas begin verkleur.

Tiemie en growwe sout aartappelwiggies

Sny gekookte aartappels in wiggies.

Bak in olie tot goudbruin

Skud met growwe sout en tiemie.

Geroosterde knoffel en pietersielie yoghurt doopsous.

2 Geroosterde knoffel bolle

½ Vars pietersielie

5 Eetlepels bulgaarse yoghurt

½ koppie mayonaise

6 Heel peperkorrels

Growwe seesout

Verwerk al die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot heeltemal glad.

Idee vir opdien: halwe groenpeper.

Mini tamatie en mozzarella aartappel ‘pizza’

Sny gaar aartappel in 1 ½ cm skywe.

Bak in olie tot mooi bruin

Sny ‘n tamatie in dun skywe en soek naastenby dieselfde grote tamatie as aartappelskyf.

Strooi sout en peper oor die tamatie

Strooi mozzarella kaas oor die tamatie.

Strooi droe basilliekruid oor die kaas.

Rooster tot goudbruin.

Aartappel en gemengde groente poffertjies

3 Gaar aartappels in blokkies gesny

100g Gevriesde gemengde groente

1 Koppie meel

2 Eiers

1 ½ koppie melk

1 Teelepel bakpoeier

Sout en peper

Meng al die bestanddele saam.

Meng die bakpoeier laaste in.

Bak teelepels vol deeg in warm olie tot goudbruin.

Dreineer op kombuispapier en bedien.

Bron: Corne Liebenberg

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page