BIEFSTUK EN NIERTJIE VULSEL
- Corne Liebenberg
- Jul 16, 2015
- 1 min read

1 groot ui
4 knoffelhuisies
400 g niertjies – in blokkies gesny en in meel gerol
400 g biefstuk – in blokkies gesny en in meel gerol
1 groot gerasperde aartappel
1 pakkie tamatiepasta
Worchestersous
Sout en swartpeper na smaak
1 teelepel suiker
Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan Braai die niertjies en biefstuk mooi bruin in olyfolie. Voeg die vleis, uie en knoffel in ‘n stoompot en stoom vir 20 minute Maak die stoompot oop, voeg die aartappel en geurmiddels by
Reduseer die vloeistof tot die mengsel dik genoeg is vir ‘n vulsel
BRON- Corne Liebenberg
Comments