C SE PAELLA
- Corne Liebenberg
- Jul 16, 2015
- 1 min read

3 koppies gaar rys
2 black tiger prawns
200g shrimp
200g mossels
200g gemengde seekos
200g wit vis
3 uie
8 toontjies knoffel
1 bossie vars gekapte pietersielie
Baba tamaties
Skyfies lemmetjie / suurlemoen
Sout en peper na smaak
1 eetlepel kajun spice
Braai die ui en knoffel tot dit net begin verkleur in olie en botter.
Voeg die wit vis by en smoor tot die vis amper gaar is.
Voeg die 2 black tiger prawns by en maak gaar. Dis so mooi om te sien hoe die lelike grys in mooi pienk verander in die pan.
Voeg nou die seekosmengsel, shrimp en mossels by en braai deur.
Meng die rys deur die vismengsel
Voeg die smaakmiddels by
Roer die babatamaties laaste deur die mengsel.
Dien op met lemmetjieskyfies.
N eet die paella met bulgaarse yoghurt by.
BRON- Corne Liebenberg
Kommentarer