KNOFFEL EN PIETERSIELIE AARTAPPELS
- Corne Liebenberg
- Jul 16, 2015
- 1 min read

8 Jong aartappels
2 Bolle knoffel
1 Bossie pietersielie
½ Koppie gerasperde mozzarella kaas
½ Koppie gerasperde cheddar kaas
2 Eetlepels kaassmeer
200g Botter
Sout en peper na smaak.
Plaas die aartappels in ‘n plastiese inkopie sak en knoop liggies toe. Mikrogolf vir 10 minute op hoog.
Sny die aartappels in die helfte deur en ranskik in ‘n oondvaste bak.
Sny 1 van die knoffel bolle fyn op en maak die ander net skoon, maar hou die huisies heel.
Snipper die pietersielie fyn.
Meng die botter, kaas, knoffel en pietersielie.
Skep ‘n kappie van die mengsel op elke aartappel helfte.
Bak vir 20 minute op 180 grade in die oond.
Rooster so ‘n bietjie tot die dis mooi bruin begin verkleur.
Bron: Corne Liebenberg
Comments