So maak mens: KAIINGS
- Linda Burger Beckert
- Jul 16, 2015
- 1 min read

Sny die vet (skaapvet is wonderlik) in min of meer ewe groot stukkies.
Gooi in jou kastrol met net 'n klein bietjie water op die boom van die kastrol.
Net om die kookproses aan die gang te kry.
Die water kook weg.
Kook stadig en roer baie, baie gereeld.
Die vet brand maklik.
Moenie die plaat te hoog stel nie!
In so 20 minute gaan jy sien die kookproses begin anders lyk... die loperige vet word meer en die stukkies vet (kaiing) begin bruin word.
In 20 tot 30 minute is jy klaar.
Gooi net 'n knippie sout by op enige stadium.
As jou kaiings mooi ligbruin van kleur is, is die vet uitgebraai.
Moenie in die pot laat staan om af te koel nie.
Veral nie dikboom nie.
Die kookproses gaan aan en die vet word te donker van kleur.
Skep die kaiings met 'n lepel af met gaatjies in.
Die loperige vet moet jy in 'n blikkie of enamel bak of iets gooi wat hoë hitte kan hanteer.
Laat koel alles af.
Die loperige vet word wit van kleur en stol.
Die kaiings is heerlik op brood (sonder botter want dis reeds smeermiddel) en stroop.
Die vet kan jy ook op brood smeer.
Beide is ook baie goed vir jou diere se velle.
Dit hou goed in die yskas en kaiings kan lank gevries word.
Comments