HOENDER LEWERTJIES MET BYT
- Dries von Weidtz
- Jul 17, 2015
- 1 min read

Bestanddele
500g hoenderlewertjies
90ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
12,5ml kerriepoeier of garam masala
5 ml borrie
1 brandrissie, ontpit en fyngekap
410g ( 1blik) tamaties, gekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare gesnipper
Metode
Soteer skoongemaakte hoender lewers in botter in ‘n braaipan. Dit moet nog pienk binne wees, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in pan in vet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en brandrissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Indien verkies voeg ‘n bietjie suiker by. Sodra sous begin prut, voeg hoender lewers en bietjie koljanderblare by. Laat prut tot deur warm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare
コメント