top of page

Maalvleis & Roosmaryn Fusilli met 'n Dikmelk & Feta Bolaag

  • Corne Liebenberg
  • Jul 18, 2015
  • 1 min read

Jy benodig:

Vir die fusilli:

400g maalvleis

2 uie, geskil en gesny

bietjie olie vir braai

1 eetlepel roosmaryn

1/2 teelepel sout

worcestersous

1 teelepel knoffelpoeier

1 teelepel uiepoeier

400g fusilli (skroefies)

2 liter water

Vir die bolaag:

100g botter

1/2 koppie koekmeel

750 ml dikmelk

300g feta

2 teelepels bakpoeier

Varsgemaalde swartpeper

Skyfies tamatie

Metode:

Ek maak die pasta in 'n stoompot gaar.

Soteer die ui liggies in olie, voeg die roosmaryn, knoffel-, en uiepoeier by en braai.

Voeg die maalvleis by en braai deur tot gaar.

Voeg die sout, worcestersous, water en fusilli by en stoom vir 10 minute in 'n stoompot.

Maak solank die bolaag.

Smelt die botter en roer die koekmeel by.

Roer die dikmelk bietjie by terwyl jy heeltyd roer tot al die melk geinkorporeer is.

Roer die feta in die mengsel in.

Net voor die bolaag oor die pasta gegooi word, roer 2 teelepels bakpoeier in die mengsel in.

Plaas die pastamengsel onder in 'n oondbak en pak skyfies tamatie oor die pasta.

Gooi die bolaag oor die pasta.

Maal swartpeper bo oor die bolaag.

Bak in die oond tot die bolaag mooi uitgepof en bruin is.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page