CHICKPEA WRAPS
- Lindi Erasmus
- Jul 20, 2015
- 1 min read

1k Chickpea (Chana) meel
1k water
1/2tl sout of seasoning
Voeg water stadig by meel en sout en meng vinnig met handklitser tot glad. Spuit bietjie olie onder in warm pan (ek gebruik die coconut spuitblik) en bak tot bubbles maak, draai versigtig om en bak 'n paar sekondes aan ander kant (soos jy pannekoek sal bak) Ek gebruik so bietjie minder as n 1/4 koppie beslag per wrap, dans hulle nie te dik of dun nie en kom daar 6 uit. Sit vulsel van jou keuse op een kwart en rol van die vulselkant af op. Sit voor sodra die wraps klaar gebak is, dan is dit die lekkerste of as jy dit vooraf maak sit dit voor jy vulsel insit so paar sekondes in die mikrogolf. Vir variasie gooi ek ook elke keer verskillende spices of herbs by die wrap beslag. Chana meel kan ook met Amandel meel vervang word vir die wat vol Banting doen.
Comments