MEATLOAF
- Judy Bester
- Jul 20, 2015
- 1 min read

1kg Maalvleis,
1 & half koppies fyngedrukte bacon kips,
2 eiers,
sout, peper en bietjie kruie na smaak.
Meng alles liggies met 'n vleisvurk. Druk alles liggies bymekaar in die vorm van 'n broodjie. Moenie teveel hanteer nie. Gooi 'n halwe koppie bruinsuiker in 'n oondbak, bo-op dit 'n koppie tamatiesous. Sit die vleisrol op dit en bedek met foelie. Bak by 180 vir 40 minute. Maak oop, gooi van die sous oor die rol en bak vir nog so 30 minute. Jy kan so halwe pakkie soppoeier aanmaak en by die sous gooi as jou sous te min lyk. Doen dit as jy die foelie afhaal en weer vir 30 min insit.
Comentarios