top of page

Springmielies te kus en keur

  • Naomi le Roux
  • Jul 20, 2015
  • 3 min read

Kleur van Springmielies

Bestandele:

500 ml suiker ( 2 k )

Geursel en kleursel

40 g margarien ( 2 E + 3 t )

75 ml water ( 6 E )

>>>

Metode:

Berei stroop van al die bestanddele deur dit in diep kastrol oor lae hitte te roer totdat dit begin kook.

Kook `n paar minute tot skuimerig.

Verwyder van hitte en voeg bereide springmielies by.

Roer vinnig deur om al die mielies met stroop te bedek. Laat afkoel en droog word. ( Genoeg vir 190 ml ) ( 3/ 4 k ) (ongespringde mielies.)

popcorn

>>>

Karamel springmielies

Bestanddele

500 g Springmielie pitte

2 ml Sout

250 ml Goue stroop

20 ml Vanielje

500 ml Ligbruin suiker

2.5 ml Koeksoda

230 g Botter

>>>

Metode

Spring mielies en keer uit in skottel. Smelt botter en voeg stroop, suiker en sout by.

Verhit tot kookpunt oor matige hitte. Kook tot sagtebal, haal af en voeg koeksoda en vanielje by. Roer goed. Gooi oor mielies en roer tot koud. Droog vir ‘n paar minute op ‘n bakplaat in die oond teen 200°C. Plaas in skottel en laat afkoel. Vryf liggies los van mekaar wanneer koud.

>>>

Popcorn Balle

Stroop:

190 ml water

190 ml goue stroop

1 kp suiker

¾ teel vanilla

¾ teel sout

60 ml botter

>>>

Metode:

Kook suiker, stroop, water, botter en sout tot kraak stadium. Voeg die vanilla by. Gooi stadig oor popcorn tot alles nat is. Smeer hande effens met botter en maak balle en steek sosatiestokkie deur voordat balle geset het. Gebruik koekkleursel om verskillende kleure volgens jou tema te maak!

>>>

Bossie Liebenberg

1k suiker.

Kwart k water

kook 5 min saam.

Gooi 1t amandel essense by.

Haal van stoof af en voeg kwart t kremetart by. Gooi DADELIK oor n klompie popcorn en roer vinnig deur.

>>>

Elize Eloff

Maak "icing sugar" aan met aanmaak koeldrank na keuse, roer in klaar gespringde popcorn en meng aanhouden tot di icing droog is....hemels!

>>>

KARAMEL springmielies

Deur: gurutotheoutdoors

Bestandele

1 kop bruinsuiker

1/2 koppie botter

1 kop stroop

1 blikkie kondensmelk

Instruksies

Al wat jy doen is, smelt al die bestanddele in ‘n kastrol oor medium-lae hitte. Sodra karamel begin kook, kook vir ongeveer twee minute, roer aanhoudend.

As jy die springmielies in mikrogolfsakke gebruik – spring mielies dadelik en gooi oor warm springmielies – Dit is genoeg om 3 sakke springmielies deeglik te dek.

>>>

Carlo Van Staden

Karamel springmielies

Bestanddele

500 g Springmielie pitte

2 ml Sout

250 ml Goue stroop

20 ml Vanielje

500 ml Ligbruin suiker

2.5 ml Koeksoda

230 g Botter

Metode

Spring mielies en keer uit in skottel. Smelt botter en voeg stroop, suiker en sout by.

Verhit tot kookpunt oor matige hitte. Kook tot sagtebal, haal af en voeg koeksoda en vanielje by. Roer goed. Gooi oor mielies en roer tot koud. Droog vir ‘n paar minute op ‘n bakplaat in die oond teen 200°C. Plaas in skottel en laat afkoel. Vryf liggies los van mekaar wanneer koud.

>>>

Carlo Van Staden

Springmielies in die mikrogolf

1/2 kop springmielies

1 tl kookolie

Groot bruinpapiersak

Paperclip wat nie silwer is nie of ‘n plastiek wasgoed pennetjie.

Koekkleursel en geursel wat jy verkies

Gooi die springmielies en die olie in die papiersak.

Vou die oopkant so 2 cm om en dan weer om. Steek vas met wasgoed pennetjie of papier paperclip.

Skud die sak lekker

Sit in mikrogolf vir 5 min. Onthou jy gaan heel moontlik die springmielies moet uithaal voor die 5 min om is. Hoe nader jy aan seevlak is hoe nader gaan jy aan die 5 minute kom, maar hier bo in die droë Kalahari kom ons maar net by 3 min uit.

Sodra die pop geluide langer as 2 sekondes uit mekaar is behoort jou popcorn reg te wees.

Keer uit in ‘n bak en sprinkel jou geursels oor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page