SPEK EN MIELIE PLAATKOEKIES
- Hoe maak ek
- Jul 22, 2015
- 1 min read

8 snye spek, sny in stukke
⅓ koppie fyngekapte uie
1 kop meel
2 eetl gekapte vars grasuie
1 teel bakpoeier
½ teel sout
⅛ teel rooipeper
⅔ kop melk
1 groot eier, geklits
1 eetl olie
1 kop pit mielies
½ kop cheddar kaas, gerasper
warm stroop of heuning vir oorgooi
In 'n medium pan, braai die spek stukkies totdat hulle begin om bruin te word.
Voeg die ui in en braai tot spek bros is en die ui sag is.
Skep 'n volle eetlepel van die spek mengsel vir bolaag uit en hou eenkant.
Meng die meel, grasuie, bakpoeier, sout en peper in 'n bak.
Roer die melk, eier en olie in roer die spek mengsel, mielies en kaas in.
Die mengsel sal dik wees, as jy wil, die plaat koekies moet dunner wees as die foto voorbeeld, voeg 'n bietjie meer melk by om te verdun.
Smeer jou pan met olie en verhit. Skep lepels vol in pan en bak tot gaar, ongeveer 3-4 min afhangende van hoe dik jou plaatkoekie is.
Stapel 5 plaatkoekies op mekaar, sprinkel die spek en uie mengsel oor en van die warm stroop.
Comments