TAAI SKAAPRIBBETJIE
- Lekker Braai
- Jul 22, 2015
- 1 min read

Hou asb die nat lap naby !
Bestanddele
1,5kg lamsrib in stukke gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
‘n paar druppels suurlemoensap
125ml tamatiesous
125ml blatjang
60ml soet rissiesous (sweet chillie)
60ml sojasous
Metode
Voorverhit die oond tot 160grade.
Voer ‘n oondbak met foelie uit.
Plaas ‘n draadrak binne-in die uitgevoerde bak. Rangskik die ribbetjies op die draadrak.
Geur met sout en peper en ‘n paar druppels suurlemoensap
Maak die sousmengsel deur die tamatiesous, blatjang, soet rissiesous en sojasous te meng.
Giet oor die ribbetjies en gebruik ‘n kwas om die ribbetjies met die sous te smeer soos jy dit braai.
Draai gereeld sodat als eweredig braai.
Hou die kole warm, en die nat lap naby vir die een
Comments